   |
|
|
|
|
SMS Diens
Ons wil u graag hiermee inlig van ‘n nuwe SMS boodskapdiens wat ons skool in gebruik gestel het om u, die ouers, ingelig te hou rakende u kind se skoolaktiwiteite, akademiese vordering, en enige ander belangrike skoolaangeleenthede.
Die SMS boodskapdiens werk as volg:
• Voltooi en stuur die vorm terug skool toe waarop u ons voorsien met u sellulêre nommer/s, asook die verlening van toestemming aan ons om u per SMS te kontak; • Ons sal u dan ingelig hou met relevante inligting rakende u kind, soos byvoorbeeld:
U kind is siek. Kontak asseblief dadelik die skool. Onthou die ouer/onderwyser vergadering môre-aand om 7nm. U kind het ‘n vorm wat u handtekening benodig. U kind het vandag detensie ontvang. Kontak asb die skoolhoof Veels geluk, u kind het beste presteer in die Wiskunde-toets.
Die SMS boodskapdiens word aangebied deur ‘n maatskappy, SMSWEB in ekslusiewe samewerking met Vodacom. Die koste verbonde aan die diens is R50 per gebruiker, om 'n onbeperkte aantal sms boodskappe gedurende die jaar te ontvang. Doen asseblief navrae by die sekretaresses. Hierdie diens het die volle ondersteuning van die skool se beheerliggaam, en ons vertrou dat u ook die skool sal ondersteun in hierdie verband.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|