Nuus & Gebeure

GRAAD R VANAF 2011

HLS Nuus » GRAAD R VANAF 2011
Deur HW Schemper , 23 April 2010

HUGENOTE LAERSKOOL

As deel van ons Beheerliggaam se strategie om volhoubaarheid te vestig, het ons besluit om vanaf Januarie 2011 ‘n eie Graad R-klas by Hugenote Laerskool te begin. Ons het ‘n uiters geskikte persoon,
mev. Marné Louw, wat tans betrokke is met leerderondersteuning vir GF by ons skool, wat die projek gaan bestuur. Sy is ‘n uiters bekwame Graad R opvoeder en het reeds, op eie insiatief, baie voorwerk en beplanning vir die projek gedoen.

Ons is gereed vir meer as een klas, sou daar genoegsame inskrywings vir 2011 wees. Ons het klaskamers geïdentifiseer en die bestaande Graad 3 speelarea, wat lekker ruim is, te omskep vir Graad R gebruik. Dit is ‘n baie veilige omheinde area wat maklik toeganklik is vir ouers en leerders.

Wat ons kan waarborg, is dat Hugenote Laerskool se Graad R leerders baie pret en ‘n hoë kwaliteit onderrig gaan kry. Ons is vol vertroue dat hulle uiters goed toegerus gaan wees vir Graad 1 en dat hulle reeds gaan weet wat die Hugenote Manier is van dinge doen en wat dit verg om ‘n ware Hugenoter te wees. Ek kan nie wag om te sien hoe hulle die Blackie Bom gaan sing nie!

Aansoekvorms vir Graad R sal vanaf 3 Mei 2010 by die skool beskikbaar wees. Ons Opedag is op 25 Mei 2010.

HW Schemper
SKOOLHOOF