Select Page

Kultuur

Hugenote Laerskool is ‘n trots diverse skool wat ‘n verskeidenheid kulturele aktiwiteite aan leerders bied.

Kontak

Anja du Preez

kultuur@hugprim.com.za

 

Koor

Hugenote spog met ‘n Junior- en Seniorkoor.  Ons neem gereeld en met groot sukses aan ‘n verskeidenheid optredes en kompetisies deel.  Hieronder tel gerekende eisteddfods, koorfeeste, sangdienste, sowel as nasionale kompetisies soos die ATKV Applous Koorkompetisie en Sing in Harmonie.  Ons is in 2018 as nasionale wenners in die Sing in Harmonie reeks, wat op Kyknet uitgesaai is, aangewys.

Ons tree boonop gereeld as gaskunstenaars by verskeie funksies op.  Optredes vind meestal saans of oor naweke plaas.

Nadat kooroudisies by die koorleidster afgelê is, kom leerders in aanmerking om as koorlede oorweeg te word.  Die Juniorkoor oefen tydens skoolure en die Seniorkoor oefen tydens skoolure, sowel as een middag na skool.

Koorlede moet formele skooldrag vir optredes dra.

Afrigter: L. Engelbrecht

engelbrechtl@hugprim.co.za

Orff-orkes

Dit is ‘n groep leerders met ritme en waagmoed!  Ons Orff-orkes is ‘n slagorkes wat gereeld by eisteddfods, kultuuraande en op aanvraag by klein privaatfunksies optree. Hul het selfs al by Breyten Breytenbach se verjaardag as gaskunstenaars opgetree. 

Vorige musiekervaring is nie ‘n vereiste vir deelname aan die Orff-orkes nie. Leerders met ‘n liefde vir musiek en goeie ritme kan deur middel van ‘n oudisie vir ‘n plek in die orkes kwalifiseer. 

Die Orff-orkes oefen twee keer per week. 

Afrigter: C. Rosant

rosantc@hugprim.co.za

Eisteddfod

Hugenote neem jaarliks met groot welslae aan die Paarl Vallei- en Tygerberg Internasionale Eisteddfod deel.  Ons spog met ‘n tradisie van talle bekerwenners/kategoriewenners en uitstaande prestasies by hierdie eisteddfods. 

Ons leerders neem aan ‘n groot verskeidenheid kategorieë deel.  Dit sluit onder andere die volgende in:

  • Voordrag
  • Spreekkore
  • Drama (Monoloë/ Gedramatiseerde Prosa/ Tweesprake)
  • Redenaars
  • Onvoorbereide lees
  • Handskrif
  • Kreatiewe Skryfkuns
  • Fotografie
  • Skeppende Kuns
  • Sang (Solosang en Duette)
  • Klavier
  • Koor
  • Orff-orkes

 kultuur@hugprim.co.za

Redenaars

Ons bied ‘n gespesialiseerde platform waar leerders hul vaardighede in openbare redevoering en optrede voor mense kan ontwikkel.  Graad 4 tot 7 sprekers word voorberei om aan voorbereide kompetisies deel te neem, terwyl daar gespesialiseerde afrigting vir onvoorbereide toesprake in graad 6 en 7 is. Redenaars neem aan plaaslike, sowel as internasionale kompetisies deel.  Dit sluit onder andere die volgende in:

  • ATKV- Redenaars
  • Oppie Tong Af
  • Radikaal Redenaars
  • Paarl Vallei Eisteddfod
  • Tygerberg Internasionale Eisteddfod

 Redenaars dra formele skooldrag tydens optredes. 

Afrigter: A Vermeulen

vermeulena@hugprim.co.za

Klavier

Ons beskik oor die dienste van ‘n privaat-klavieronderwyser wat in skoolure lesse aanbied. 

Kultuuraande en konserte

Ons bied jaarliks twee kultuuraande aan waar ons met die room van ons veelsydige kultuurprestasies spog. 

Heelskool-konserte vind slegs een keer in sewe jaar plaas.  Ons bied ook gereeld ‘n “Huguenot’s Got Talent” en ‘n “Dink-of-sink” kompetisie aan.

Kunsuitstalling

Hugenote hou elke paar jaar ‘n groot kunsuitstalling waar ons leerders se kunswerke ten toon gestel en te koop aangebied word.  Hierdie prestige-geleentheid is altyd ‘n deftige hoogtepunt op ons kultuurkalender. 

Kontak: kuns@hugprim.co.za

Besoekers en uitstappies

 Die skool nooi jaarliks die Storieskip-teaterspan om ons kinders op ‘n vermaaklike wyse met lewenslesse en waardevolle teater-etiket toe te rus. 

 Leerders word jaarliks na ‘n kinderproduksie by die Woordfees in Stellenbosch geneem.

 Ons dramaleerders kry tydens 2 jaarlikse drama-werkswinkels die geleentheid om hul vernuf saam met bekroonde kundiges te slyp.