Select Page

Somersport

Atletiek

Hugenote se Interhuisbyeenkoms, waar die Blou, Wit en Goue spanne met groot entoesiasme teen mekaar om die span- en geesbeker meeding, vind jaarliks plaas.

Atlete wat tydens die Interhuisbyeenkoms vir ons skoolspan kwalifiseer, neem tydens die atletiekseisoen aan verskeie byeenkomste deelneem.  Hier kry hul die geleentheid om op streeks- en provinsiale vlak, sowel as op vriendskaplike vlak deel te neem.

Atletiek word hoofsaaklik in die 1ste en 4de kwartale aangebied.

Atletiek by Hugenote Laerskool bestaan uit agt items:

  • Hoogspring
  • Verspring
  • Gewigstoot
  • Diskus
  • Spiesgooi
  • Naellope
  • Hekkies
  • Middelafstand

Tennis

By Hugenote Laerskool  poog ons om alle tennisspelers se potensiaal ten volle te ontgin ten einde hul karakter, selfbeeld en talente maksimaal te ontwikkel, hul deelname te bevorder en hul beste prestasie volgens hul unieke talent en toewyding te kan lewer.

Ons het twee  o/11- en o/13-seuns en dogterspanne wat almal in die plaaslike ligas.  Ons o/13A-spanne neem ook aan die gerekende Gerrie Berner toernooi deel.

Afrigting vind by Hugenote Laerskool, Hugenote Hoërskool en die Wellington Tennisklub plaas en ons is bevoorreg om die bekwame afrigters van Tennis Republique as deel van ons tennisspan te hê.

Vir leerders wat nie in spanne speel nie, is daar ook geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel en weekliks ons oefeninge vir verskillende ouederdoms- en vaardigheidsgroepe by te woon. 

Ons bied tennisafrigting vir gr.1 – gr.7 aan.

Swem

Ons jaarlikse swem-interhuisgala, wat in die 1ste kwartaal plaasvind, is die hoogtepunt op ons swemkalender.  Dit dien ook as ‘n geleentheid waar die lede van ons swemspan geïdentifiseer word.  Hierdie span oefen weekliks en verteenwoordig die skool by verskeie liga- en ander swemgalas.

Gedurende die swemseisoen oefen swemmers twee maal per week by Hugenote Hoërskool se swembad.

 

Krieket

Alhoewel krieket, soos rugby en hokkie, ‘n spansport is, fokus ons by Hugenote ook op die ontwikkeling van individuele kolf-, boul- en veldwerkvaardighede.  Ons senior-krieketspanne oefen weekliks en neem jaarliks met groot welslae aan ligawedstryde en ander toernooie deel.

Ons o/7-, o/8- en o/9-krieketspelers speel mini-krieket.  Hulle kry die geleentheid om basiese krieketvaardighede aan te leer en aan toernooie deel te neem.

Bernice West & BandComing to Wellington

Date: 29 July 2022

Don't miss out!

Concert for the benefit of our school.

Tickets go on sale 7 May 2022