Select Page

Wintersport

Rugby 

Rugby is ‘n wintersport wat in die 2de en 3de kwartaal beoefen word. By Hugenote val die fokus in ons afrigting op vaardigheidsontwikkeling, deelname en die genot van die spel.

Die verskillende spanne word deur onderwysers en studente afgerig. Om  die hoogste peil van afrigting te handhaaf, doen hierdie afrigters elke 2 jaar ‘n “Boksmart”-kursus.

Hugenote Laerskool bied  mini-rugby vir o/7’s tot o/9’s aan.  Hier fokus ons op die ontwikkeling en groei van elke speler. Ons grootste doelwit is die ontwikkeling van die sport en om aan soveel as moontlik kinders ‘n kans op deelname te gee.

Netbal

Hokkie

Hokkie is ‘n skoolsport wat hoofsaaklik in die tweede en derde kwartaal aangebied word. Dit is ‘n gewilde sport wat deur beide seuns en dogters gespeel word.

By Hugenote fokus ons professionele hokkie-afrigters op die ontwikkeling van ons spelers se fiksheid, spoed, krag, stok- en balvaardighede, sowel as op hul beweeglikheid en posisionele spel.

Ons O/7-, O/8- en O/9-leerders speel mini-hokkie. Hier is dit ons hoofdoel om ‘n liefde vir die sport sowel as span- en sportmangees by die jong spelers te kweek. Elke kind kry die geleentheid om deel te neem en hul vaardighede in elke posisie te oefen. Sodoende word die grondslag vir volhoubare deelname en prestasie gelê.

Die O/10-, O/11-, O/12- en O/13 leerders speel “senior” hokkie en neem aan  formele ligawedstryde deel. Hierdie wedstryde word in die 2de en 3de kwartaal gespeel en ons spanne vaar elke jaar baie goed.  Hugenote spog ook jaarliks met talle provinsiale hokkiespelers.

Landloop

By Hugenote benut ons al die voordele wat landloop bied.  Die algemene fiksheid wat ons leerders hier verkry, is ‘n bate wanneer hulle die skool in aan ander sportsoorte verteenwoordig. 

In die 2de 3n 3de kwartaal neem ons aan die skole-ligawedlope deel.  Na afloop van die liga-seisoen dring die leerders wat kwalifiseer na die provinsiale en nasionale kampioenskappe deur.

Skaak

Skaak ontwikkel jou breinspiere…

By Hugenote is skaak nie net ‘n sportsoort nie, maar boonop ‘n plek waar strategiese denke, probleemoplossingsvaardighede en konsentrasievermoë met groot pret gekombineer word. 

Ons skaakspelers kan dwarsdeur die jaar by ons skaaklesse inskakel en aan kompetisies deelneem.  ‘n Baie bekwame buite-afrigter, in samewerking met ons skaakonderwysers, rig ons opkomende skaaksterre af. Ons spanne neem gereeld en met groot welslae aan verskeie kampioenskappe deel.